Weermaghoof waarsku sy lede | Die Son
DIE hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, Solly Shoke, het sy lede gewaarsku om nie betrokke te raak by die sake van politieke partye nie. Die weermag het hom ook in 'n verklaring gedistansieer van 'n uitnodiging aan lede om 'n vergadering by te woon waar politieke kwessies bespreek word.