Maleisië - Wikipedia
Maleisië is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is Broenei, eSwatini, Lesotho en Tonga). Maleisië beslaan 'n oppervlakte van 330 803 km² en het 'n bevolking van sowat 32 miljoen in 2017 gehad. Maleisië is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n gekose monarg as staatshoof.