Wasmiddel - Wikipedia
Voorbeeld van 'n wasmiddel Wasmiddels word veral vir die skoonmaak van tekstielstowwe, veral klere, gebruik. Aangesien die meeste vuiligheid nie wateroplosbaar is nie, bevat die wasmiddels oppervlakaktiewe stowwe wat die vuil deeltjies omhul, sodat dit saam met die wasmiddel met water uitgespoel word.