Kaapstad - Wikipedia
Kaapstad is in die suidweste van die Republiek van Suid-Afrika en die provinsie Wes-Kaap aan die Tafelbaai van die Atlantiese Oseaan geleë. Die stad staan internasionaal bekend vir sy ligging aan die voet van Tafelberg, 'n groot, platoagtige bergmassief met 'n hoogte van 1 086 meter bo seevlak wat saam met kleiner bergspitse en heuwels soos Vlaeberg, Leeukop en Duiwelspiek die stadshorison ...